NAMIBIË. – Lede van verskillende kerke in Namibië het Sondag by Zoo Park in Windhoek vergader om standpunt in te neem teen huwelike van dieselfde geslag en die skrap van die wet op sodomie.
LEES OOK: Liggaam van vermoorde vrou geïdentifiseer
Pastoor Shirley Magazi van die Coalition of Churches het namens die betogers aan The Namibian gesê: “Homoseksualiteit is onnatuurlik, immoreel en het baie negatiewe gevolge vir die samelewing.”
Magazi het gesê homoseksualiteit sal nooit gewettig word nie, die sodomiewet sal nooit herroep word nie en huwelike van dieselfde geslag sal nooit in Namibië erken word nie. Homoseksualiteit is egter nie onwettig in Namibië nie en die regering oorweeg dit om die gemeenregtelike oortredings van sodomie en onnatuurlike seksuele misdrywe te herroep.
LEES OOK: Upington-sersant se liggaam naby treinspoor gevind



