ISRAEL. – Die Ministerie van Gesondheid van Israel het Dinsdag gesê dat die klein aantal gevalle van hartspierontsteking wat veral voorkom by jong mans wat Pfizer-inenting se Covid-19-entstof in Israel ontvang het, moontlik met die inenting verband hou.
Pfizer moontlik die oorsaak van inflammasie
Die ministerie sê verder meeste pasiënte wat die toestand ervaar nie meer as vier dae in die hospitaal deurbring nie en 95% van die gevalle is as “liggies” geklassifiseer. Die verband tussen die entstof en die ontsteking is meer waargeneem onder mans van 16 tot 19 jaar oud.
In Israel is 275 gevalle van miokarditis, ‘n ernstiger vorm van inflammasie van die hart, tussen Desember 2020 en Mei 2021 aangemeld waar meer as vyf miljoen mense ingeënt is, het die ministerie gesê.
LEES OOK: China bevestig eerste menslike geval van voëlgriep
LEES OOK: Bejaarde (68) vermis, laas by ouetehuis gesien
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



