China bevestig eerste menslike geval van voëlgriep

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – China het vandag die wêreld se eerste infeksie van die H10N3-voëlgriep gerapporteer, nadat ‘n man (41) ‘n maand gelede met koors in ‘n hospitaal opgeneem is.

China se nasionale gesondheidskommissie (NHC) sê mense hoef nie bekommerd te wees nie, want die risiko dat dit wyd onder mense sal versprei, is klein. Daar word verder berig die virus is van pluimvee af oorgedra.

China bevestig voëlgriep in Jiangsu

NHC sê verder in die verklaring die man is ‘n maand nadat hy in die hospitaal opgeneem is met die virus gediagnoseer. Plaaslike owerhede het die pasiënt se kontakte opgespoor en hulle is tans onder mediese waarneming. Kenners het aangeraai dat mense in die streek, Jiangsu, kontak met siek of dooie pluimvee en ook lewendige voëls moet vermy.

Die laaste menslike epidemie van H7N9-voëlgriep in China het aan die einde van 2016 tot 2017 voorgekom. Die H7N9 het sedert 2013 al 616 lewens, volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie, geëis. Daar is ‘n verskeidenheid variasies van die griep.

LEES OOK: Babadogtertjie langs drom in straat gevind

LEES OOK: KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.