Upington-sersant se liggaam naby treinspoor gevind

Deel hierdie storie / Share this story

ROSEDALE. – Die liggaam van ’n polisielid (35) is gisteroggend naby die treinspoor gevind.

LEES OOK: Tuisgemaakte Cookie Monster-roomys

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die sersant, wat aan die Upington-polisie verbind is, het steeds haar uniform aangehad toe haar liggaam opgespoor is.

“Die liggaam is vanoggend omstreeks 07:30 deur ’n verbyganger gevind. Sy was die vorige dag aan diens en is in haar uniform gevind. Geen opsigtelike merke is aan die liggaam gevind nie en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.”

Die polisie versoek enigiemand met inligting om die Rosedale-polisie te skakel.

LEES OOK: Friends-reünie word in China gesensor