Man vier keer in sy motor voor moskee geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Man is vanoggend om 10:00 in sy motor voor ‘n moskee in Spencerweg geskiet.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die slagoffer in sy motor voor die moskee gesit toe ‘n man sy motor nader en glo vier skote afgevuur het.

Gwala sê die slagoffer is gewond en die verdagte het in ‘n motor van die toneel gevlug.

Die slagoffer is op die toneel deur paramedici behandel, berig AriveAlive.

Vanweë die ernstige aard van die pasiënt se toestand, is ‘n helikopter-ambulans van Netcare 911 ontbied om die man na ‘n hospitaal te neem. Die omstandighede wat gelei het tot die voorval word ondersoek.

LEES OOK: China bevestig eerste menslike geval van voëlgriep

LEES OOK: KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.