Tuisgemaakte Cookie Monster-roomys

Deel hierdie storie / Share this story

Ongeag of dit winter is of nie, jou kinders en jyself sal mal wees oor hierdie tuisgemaakte Cookie Monster-roomys!

LEES OOK: Vandag is Wêreld-pleegsorgdag – hoe jy ’n pleegouer kan word

Bestanddele:

  • 2 koppies room
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 2 eetlepels vanielje
  • ½ teelepel blou voedselkleursel
  • 20 Oreo-koekies, grof gekap
  • 15 Chocolate Chip-koekies, grof gekap

LEES OOK: Meisie (13) ernstig beseer oor TikTok-neiging

Metode:

  • Klits room, vanielje en voedselkleursel saam totdat stywe punte vorm.
  • Roer kondensmelk by tot goed gemeng.
  • Voeg addisionele voedselkleursel by om die gewenste blou skakering te bereik.
  • Vou gekapte koekies in en sprinkel ’n paar bo-oor.
  • Vries vir 6 ure.
  • Geniet!

Oorspronklike resep deur Baking Beauty.