Olifante is sekerlik van die wêreld se mees asemrowende diere. Mense regoor die wêreld gaan uit hul pad om ‘n geleentheid te kry om op ‘n olifant se rug te kan ry. Wat hul egter nie besef nie, is die wreedheid wat daardie dier ervaar.
Volgens Petauk moet ‘n olifant sielkundig gebreek word om toe te laat dat mense op sy rug kan klim. Die eerste wrede daad in so ‘n olifant se lewenssiklus is om hom van sy ma af weg te neem. Olifantmoeders en hul kleingoed het ‘n stewige band. Die kleinding spandeer jare aan sy ma se sy. Mense wat olifante gebruik as ‘n toeriste-attraksie breek egter die ma en die baba se moed wanneer hulle van mekaar geskei word.

Wrede opleiding sodat mense op ‘n olifant se rug kan klim
Olifante word geleer om bang te wees vir hul hanteerders. Dit word gedoen sodat hulle toeriste sal toelaat om op hul rûe te klim. Die opleiding begin vanaf ‘n jong ouderdom. Die olifant sal geslaan word en ook met bull hooks gemartel word. ‘n Bull hook is ‘n wapen met ‘n skerp hoek aan die een kant. Dit leer die olifant om gehoorsaam te wees aan die hanteerder en sodoende pyn te vermy.

‘n Lewe van vrees
Hieride opleiding en hantering veroorsaak ‘n lewe van stres en vrees vir die olifant. Ondersoekers het gevind dat olifante wat hierdeur is aan posttraumatiese stresversteuring lei.

Die lewe met ‘n toeris op jou rug
Hierdie olifante kry geen kans op ‘n gelukkige lewe nie. Olfiante in die natuur beweeg saam in groepe. Hulle stap kilometers ‘n dag en speel en bad in riviere. ‘n Olifant wat in die toerismebedryf inforseer is, het egter geen van hierdie voordele nie. Hulle kan nie in kontak kom met ander olifante nie. Hulle word forseer om toeriste op hul rûe te dra en toertjies te doen wat dikwels vir hulle pynlik is.

Verder bring hierdie olifante ook baie tyd op harde oppervlaktes deur, wat hul voete beskadig en tot artritis lei. Hulle het dikwels nie toegang tot genoeg water, die regte kos of mediese sorg nie. Dikwels word hulle met kettings aan hul voete vasgemaak.
Die meeste olifante wat in gevangenskap is, sterf vinniger as wat hul natuurlike lewensverwagting is. Sambo, ‘n olifant wat gedwing is om toeriste in Kambodja te dra, is dood nadat hy ‘n hartaanval gehad het. Dumbo, ‘n baba-olifant, het in Thailand gesterf nadat sy agterbene gebreek het.

Mense sterf ook omdat hulle op ‘n olifant se rug klim
Mbanje, die olifant in die foto hier onder, was in gevangenskap. Hy het sy hanteerder doodgemaak en verpletter nadat hy vroeër die dag gedwing is om ritte te doen. Soms kan ‘n olifant die wreedheid nie meer hou nie. In Thailand het ‘n olifant twee toeriste van sy rug afgegooi. Een toeris het sy been gebreek.

Egte veilige hawes sal jou nie op ‘n olifant se rug toelaat nie
“Veilige hawes” vir olifante, wat steeds die ritte toelaat, is gewoonlik ‘n klug. As hulle steeds toeriste op olifante se rûe toelaat, is hierdie diere nie gered soos die hawes voorgee hulle is nie. Hulle ondergaan steeds dieselfde wrede opleiding.
Wil jy ook op ‘n olifant se rug ry?
Almal wat betaal om op ‘n olifant te ry of ‘n uitstappie bespreek met olifante in gevangenskap, is verantwoordelik vir hierdie genadelose siklus van mishandeling. Om ‘n wesenlike verskil in die lewens van hierdie diere te maak, moet ons optree om hul lyding te stop.
Moet nooit op ‘n olifant of enige ander dier ry nie. As jy ‘n reis na die buiteland bespreek, vra jou toeroperateur en hotel of hulle sulke aktiwiteite bevorder. As dit wel gebeur, moet jy verduidelik waarom hulle dit moet stop.

Lees ook: Angelina Jolie bad vir drie dae nie om foto met bye te neem



