Meisie (13) ernstig beseer oor TikTok-neiging

Deel hierdie storie / Share this story

Destini Crane (13) het derdegraadse brandwonde opgedoen en die gebruik van haar arm en beweeglikheid in haar nek, skouers en vingers verloor, nadat sy glo ’n TikTok-video probeer herskep het.

LEES OOK: Intimiderende eienskappe van ’n sterk vrou

TikTok in die badkamer

Crane se ma het aan The Mirror gesê haar dogter het in die badkamer, sonder hulle wete, probeer om ’n video wat sy op TikTok gesien het, na te boots.

“Ek was in die sitkamer en het verskriklike gille uit die badkamer gehoor. Toe ek daar instorm, was alles aan die brand. My dogter was ook aan die brand.”

Alkohol ontplof

Crane het glo ’n kers, aansteker en alkohol in die badkamer geneem en probeer om ’n vorm op die spieël te teken en dit aan die brand te steek. Die alkohol het glo as gevolg van die swak ventilasie in die badkamer ontplof.

Sy is van haar huis in Portland, Oregon, VSA, na ‘n hospitaal gehaas ná die voorval op 13 Mei 2021 en is sedertdien in die waakeenheid.

LEES OOK: 3 Minute mikrogolf omelet