HENNENMAN. – Die liggaam van ’n vermiste vrou, wat as Makgala Nelly Sebanyone (67) geïdentifiseer is, is op Sondag 30 Mei 2021 omstreeks 11:15 op ’n plaas in Hennenman gevind.
LEES OOK: 3 Minute mikrogolf omelet
As vermis aangemeld
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Sebanyone is op 17 Mei 2021 as vermis aangemeld.
“Die lyk is in ’n ontbinde toestand in ’n beboste gebied onder ’n boom gevind en is deur ’n familielid positief as Sebanyone geïdentifiseer. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood te bepaal.”
Enige persoon wat meer inligting oor hierdie saak kan verskaf, word versoek om speurder-kaptein James Mahlatsi van Hennenman-polisie by 082 466 7940 te kontak.



