Bekende Tarzan-akteur sterf in vliegtuigongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – Die bekende Tarzan-akteur, Joe Lara, sy vrou en vyf ander passasiers is dood nadat ‘n vliegtuig in ‘n meer naby die Amerikaanse stad Nashville neergestort het.

Die vliegtuig het Saterdagoggend om 11:00 neergestort kort nadat dit by die Smyrna-lughawe, Tennessee, op pad na Palm Beach, Florida, opgestyg het. Daar is intussen bevestig daar was slegs sewe passasiers in die vliegtuig.

Tarzan-akteur bekend vanaf 1989

Rutherford County Fire & Rescue (RCFR), Palm Beach, Florida, het berig talle dele van die vliegtuigsowel as liggaamsdele is al uit die meer gehaal. Die soektog is vanoggend weer hervat.

Lara is bekend vir die vertolking van Tarzan in 1989, 1996 en 1997. Sy vrou, Gwen Shamblin Lara, is ‘n dieetkundige. Hulle het in 2018 die knoop deurgehak.

LEES OOK: Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’

LEES OOK: WSU-student (23) val na sy dood

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.