Het jy nie baie tyd vir ontbyt in die oggend nie? Probeer gerus vanoggend hierdie drie minute mikrogolf omelet.
LEES OOK: Johnson & Johnson-inenting vir onder 41’s in Europa gestop
Bestanddele:
- 2 eiers
- ½ soetrissie, in blokkies gesny
- 2 snye ham, in blokkies gesny
- ¼ koppie vars spinasie (10 g), gekap
- sout, na smaak
- peper, na smaak
Metode:
- Meng alle bestanddele in ’n mikrogolfvaste beker.
- Kook vir twee tot drie minute en sorg dat die eier nie oorborrel nie.
- Roer halfpad deur die kookproses.
- Geniet dit!
LEES OOK: Britse model oorlede dae na sy inenting ontvang
Oorspronklike resep deur Tasty.



