Stephanie Dubois (39), ’n Britse model, is dae nadat sy die Covid-inenting ontvang het, oorlede. Ondersoek word nou ingestel om te bepaal of haar dood verband hou met die inenting.
LEES OOK: Gert van Rooyen: slagoffers nooit gevind
Ontvang inenting
Dubois het op 6 Mei 2021 die AstraZeneca Covid-inenting in Ciprus ontvang. Enkele dae later het sy begin siek word en aan ernstige trombose gely voordat sy as gevolg van die bloedklont dood is.
Die verband tussen die inenting en haar dood is nog nie bevestig nie. Die saak sal nou deur die Europese Medisyne-agentskap ondersoek word.
Voel siek
Dubois het op 14 Mei 2021 op haar Facebook-blad vir haar aanhangers vertel dat sy siek voel en toetse ondergaan het. Sy moes ook toekomstige planne kanselleer.
Vier dae later op 18 Mei 2021 het sy haar laaste plasing, ’n foto van haar gekneusde arm na ’n reeks toetse, gemaak.

Verval in koma
Teen 19 Mei 2021 het sy egter in ’n koma verval en nie weer wakker geword nie.
Medelye het oral op sosiale media vir die model ingestroom.
Armando Boticelli Sol het op Dubois se Facebook-blad gesê: “Ek is baie jammer Stephanie, daar was baie lewensplanne, alles is onvoltooid gelaat. Jy is een van die mooiste vroue wat ek nog ooit in die wêreld gesien het en jy sal altyd so bly. Ek is baie, baie, baie jammer dat jy ons moes verlaat. Jy sal een van die mooiste vroue in die hemel wees, ek is seker daarvan. Vergewe asseblief hierdie mensdom, oorloë en kwaad wat jy aangedoen is.”
Trombose-sitopeniesindroom kan ook mense affekteer wat nie die entstof gehad het nie.
LEES OOK: Ma gee geboorte aan drieling – breek wêreldrekord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



