VRYSTAAT. – ‘n Vragmotorbestuurder (35) het doodgebrand nadat sy vragmotor met klippe bestook is en hy gedwing is om die pad te verlaat.
Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die man het Woensdagaand 26 Mei uit die rigting van Durban gekom toe die voorval plaasgevind het.
“’n Ooggetuie het die polisie in kennis gestel dat hy die naamlose bestuurder by die Makgolokweng-afdraai sien verbygaan het waar ‘n groep mense staan. Een van hulle, vermoedelik ‘n betoger, het toe ‘n klip na die vragmotor gegooi. Dit het daartoe lei dat die bestuuder beheer oor sy voertuig verloor het,” sê Makhele in ‘n verklaring.
Polisie sien vragmotorbestuurder se liggaam
Die bestuurder het die veld ingery waar die vragmotor ‘n wal getref het en aan die brand geslaan het. Die polisie is na die voorval ontbied en het die Scania-vragmotor aan die brand in die veld gevind. Die polisie kon die bestuurder eers sien nadat die brand onder beheer was.
“Die polisie het gesien hoe sy liggaam op die passasiersitplek van die vragmotor uitgebrand het.”
Die identiteit van die oorledene mag nog nie bekendgemaak word nie.
LEES OOK: Boer Dean spog nog heelpad met blonde meisie aan sy sy
LEES OOK: Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



