OOS-KAAP. – Die Valke in Oos-Londen het ‘n ma en twee winkeleienaars in die Oos-Kaap vir mensehandel in hegtenis geneem.
Die drie, van onderskeidelik 32, 36 en 42 jaar oud, is Woensdag voorgekeer.
Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, sê die ma het glo haar dogter (13), wat aan Down-sindroom ly, en ‘n seun (15) aan die mans verkoop.
“Die vrou het na bewering in die tydperk tussen Februarie 2019 en Maart 2021 haar dogter (13), wat aan Down-sindroom ly, en ‘n seun (15) aan die mans verkoop vir seksuele uitbuiting.”
Mgolodela sê die meisie kon nie details van die transaksie verskaf nie, maar die seun het gesê hy is vir R450 verkoop.
Die verdagtes verskyn vandag in die hof op Keiskammahoek.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



