Twee Rottweilers byt babadogtertjie in huis dood

Dit is nog nie bevestig of die honde oor die algemeen baie aggressief was nie.

Twee Rottweilers byt babadogtertjie in huis dood

Twee Rottweilers byt babadogtertjie in huis dood Foto: People

CAROLINA. – ‘n Tien maande oue baba is deur die twee Rottweilers van haar gesin doodgebyt terwyl die kind se pa haar vir ‘n oomblik alleen gelos het.

Independent berig die pa het die babadogtertjie vir ‘n paar minute sonder toesig gelos toe hy buitentoe is om die sproeier in die tuin te gaan skuif.

Pa sien hoe Rottweilers kind aanval

Danny Johnson, kaptein van die Sheriff’s Office in Johnston County, sê die pa het die klein kind in die huis vir ‘n paar minute sonder toesig gelaat. Hy sê verder die pa het ‘n rumoer in die huis gehoor en is dadelik weer na binne. Dit is toe hy gesien het hoe die twee Rottweilers sy babadogtertjie aanval.

Die pa het onmiddellik nooddienste na die huis ontbied. Met die paramedici se aankoms het hulle dadelik met resussitasie begin, maar die kind het geen tekens van lewe getoon nie.

Dit is nog nie bevestig of die honde oor die algemeen baie aggressief was nie. Hulle is tans onder spesiale toesig en geen besluit is al geneem oor wat met hulle gaan gebeur nie.

LEES OOK: Boer Dean spog nog heelpad met blonde meisie aan sy sy

LEES OOK: Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *