BEDFORD. – ‘n Polisiekonstabel van die Oos-Kaap, wat as Nomzamo Helesi (31) geïdentifiseer is, het glo haar drie kinders geskiet voordat sy haarself om die lewe gebring het.
Twee van die kinders het oorleef na die voorval wat Sondagoggend om ongeveer 05:30 by polisiebarakke op Bedford plaasgevind het.
Volgens brig. Tembinkosi Nikana, polisiewoordvoerder, het ‘n 11-jarige kind en een van ‘n 6-jarige tweeling die voorval oorleef.
Die omstandighede rondom die gebeure word ondersoek.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



