Sneeu dié week in sekere dele van SA verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Bitter koue weerstoestande en selfs sneeu word hierdie week in sekere dele van Suid-Afrika verwag.

‘n Kouefront beweeg reeds Maandag deur die suidelike kus en minimum temperature wat tot onder vriespunt daal, kan dié week vir die hele land verwag word.

Daar is ook Maandag ‘n 30% kans op reën vir dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes. Reën- en donderbuie kan ook Dinsdag in Gauteng, Mpumalanga en die suidelike dele van Limpopo verwag word, sê Edward Engelbrecht, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens aan Maroela Media.

Sneeu van tot 50 cm dik word die week vir dele van Lesotho en hoogliggende dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Vrystaat voorspel. – Maroela Media