Dokter gevonnis vir R2.25 miljoen se bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Dr. Tony Moodley (66) is op 1 Junie 2021 in die Gqeberha-handelsmisdaadhof tot 36 maande korrektiewe toesig en 576 uur gemeenskapsdiens by die Linvingstone-hospitaal vir bedrog van R2.25 miljoen gevonnis.

LEES OOK: DNA sorg vir 10 jaar agter tralies vir verkragter

Vals eise teen POF

Moodley het op 17 Junie 2007 eise teen die Padongelukkefonds (POF) vir 83 pasiënte ingedien, waarvan sommige nie verdienstelik was nie. Na bewering was hierdie pasiënte in ’n tromp-op botsing wat op 16 Junie 2007 in Walmer in Gqeberha tussen twee busse plaasgevind het.

Gevolglik is kontant ter waarde van R2.25 miljoen vir alle eisers uitbetaal. Moodley het na bewering agteraf betalings van die onverdienstelike eisers gekry.

In hegtenis

Later het die Padongelukkefonds ’n paar teenstrydighede ontdek nadat hy na die volgorde van gebeure gekyk het en die saak by die Valke se ondersoekspan vir ernstige misdaad in Gqeberha aangemeld.

Die dokter is op 2 Julie 2015 in hegtenis geneem en met ‘n waarskuwing vrygelaat.

LEES OOK: Net in Suid-Afrika?