Drie bakkies en twee vragmotors bots, twee dood

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Drie bakkies en twee vragmotors het Vrydagmiddag op die N2 gebots, wat die lewe van twee mense geëis het. Drie ander persone is ernstig beseer.

Daar word beweer ‘n voertuig het vanaf ‘n noordwaartse rigting gery en teen verskeie vragmotors en voertuie wat suid gery het, gebots het.

Die twee beseerdes is op die toneel dood verklaar. Die drie persone wat ernstig beseer is, is op die toneel behandel en daarna na ‘n hospitaal geneem.

LEES OOK: Covid-19-inenting vir sekere werknemers dalk later verpligtend

LEES OOK: Wat alles vandag in die Horner-moordsaak hofverskyning gesê is 

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.