Passasiers was deurmekaar toe die vliegtuig van die Ryanair-lugdiens, wat al besig was om te land, ewe skielik na Minsk, Belarus se hoofstad, herlei is.
Vlieëniers was glo in kennis gestel dat daar “plofstof aan boord is” en daarom moes die vliegtuig onmiddellik herlei word. Die blogger, Roman Protasewitsji (26), wat verlede jaar die opposisie se betogings in Minsk gedek het, was ook op die vlug en het tydens die voorval dadelik opgestaan en sy besittings aan ‘n vrou in die vliegtuig oorhandig. Daar is eers beweer die vrou vir wie hy sy besttings gegee het was sy meisie en dat sy ook toe later in hegtenis geneem is.
Blogger in hegtenis na vliegtuig herlei is
Intussen is bevestig die bewerings is vals en sy meisie was nie op die vlug nie.
Protasewitsji word sedert verlede jaar in Belarus gesoek na straatbetogings na die presidentsverkiesing. Sy naam is toe op ‘n lys van gesoekte misdadigers gesit.
Nadat die vliegtuig in Belarus geland het, is hy dadelik in hegtenis geneem. Daar word beweer die blogger het daelik geweet die vlug word vir hom herlei, dis waarom hy dadelik opgestaan het.
LEES OOK: Seuntjie (6) in karstoel doodgeskiet tydens ‘padwoede-voorval’
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



