Tienerseun (16) in hegtenis na hy glo 200 km/h in Gholf 7 ry

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Tienerseun (16) is in hegtenis geneem nadat hy glo 200 km/h op die Jan Smuts-rylaan in sy broer se Gholf 7 gery het.

Die seun is Sondagoggend om 01:00 in die strate opgemerk. Daar word beweer hy het verskeie padreëls oortree deur oor rooi ligte te ry en nie by stopstrate te stop nie. Hy is toe later deur die verkeersdepartement afgetrek. Dís toe die tienerseun sy ouderdom aan die beamptes bekendmaak.

Daar was vyf ander passasiers ook in die motor. Die tienerseun het glo sy broer se motor sonder toestemming geneem en saam met sy vriende rondgery. Hy is intussen weer vrygelaat.

LEES OOK: KYK! Brand vernietig historiese kerk in Durban

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.