13 kinders beseer toe minibustaxi teen motor bots

Deel hierdie storie / Share this story

KLERKSDORP. – Dertien kinders is beseer toe die minibustaxi waarin hulle gery het teen ‘n motor op die N12 in Klerksdorp gebots het.

Paramedici en ander nooddienste is dadelik na die toneel ontbied en die minibustaxi en motor is in die middel van die pad gevind. Verskeie kinders is ook op die toneel gesien.

Kinders beseer na botsing

“Paramedici het die beseerdes ondersoek en bevind dat 13 kinders, tussen 14 en 19 jaar oud, geringe tot matige beserings opgedoen het. Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie,” berig Arrive Alive.

Al die 13 kinders is na hospitale vir verder behandeling geneem.

LEES OOK: FOTO’S: bekendes spog met hulle ma’s op sosiale media

LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.