Hond geskiet na hy man (31) en dogter (3) aanval

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Hond is na bewering deur metropolisiebeamptes geskiet nadat hy vanoggend ‘n man (31) en sy dogtertjie (3) in Toddstraat in Verulam aangeval het.

Die Reaction Unit South Africa (RUSA) berig hulle lede sowel as polisiebeamptes was om 08:24 op die kruising toe hulle gesien het hoe die hond die man aanval. “Die man het heeltyd probeer om sy dogter teen die hond te beskerm,” berig RUSA in ‘n verklaring op Facebook.

Hond glo deur polisie geskiet

“Metropolisiebeamptes het die hond twee keer geskiet nadat dit aan die man se arm geklou het. Die hond is op die toneel dood.”

Die slagoffer het bytwonde aan albei sy hande opgedoen. Die man wat beseer is, is op die toneel behandel voordat hy na ‘n plaaslike hospitaal vervoer is. Ander lede van die publiek het ook glo gekla oor die hond wat hulle al wou aanval.

“Die eienaar van die Mastiff-hond is nog nie in hierdie stadium opgespoor nie.”

LEES OOK: Man rand swanger meisie aan, trap talle kere op haar maag

LEES OOK: ‘Sperminator’ pa van 78 kinders met nog 13 vrouens swanger

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.