Microblading-nagmerrie: vrou wys wenkbroue vier jaar later

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou wat vier jaar gelede mikrolemwerk (microblading) aan haar wenkbroue laat doen het, sê dit het in ’n nagmerrie verander en nou wil sy ander vroue waarsku om nie dieselfde fout te maak nie.

LEES OOK: Rebel Wilson: vrugbaarheidsprobleme na gewigsverlies

Microblading

Microblading is soortgelyk aan tatoeëring – professionele persone gebruik baie klein lemmetjies om pigment permanent by te voeg, wat die indruk gee van voller of meer gedefinieerde wenkbroue.

Microblading nie meer in lyn

In ’n video het TikTok-gebruiker, Melina, gewys hoe haar wenkbroue nou lyk. Sy wys hoe die microblading nie meer in lyn is met haar natuurlike wenkbroue nie en die pigment nou oranje is.

Melina sê die eerste jaar was sy mal oor haar wenkbroue, maar dit het later begin rooi raak en sy moes dit met grimering wegsteek. Dit het ook haar selfbeeld ’n groot knou gegee.

Grootste fout ooit

“Dit was die grootste fout wat ek nog ooit gemaak het. Die verwyderingsproses is baie moeilik. Ek sal dit nie vir ander mense aanraai nie.”

Sy is nou besig met die proses om dit te verwyder, maar is self nie seker of dit gaan werk nie.

Mense stem saam

Duisende mense het op haar TikTok-video, sowel as ander sosialemediaplatforms gesê hulle het dieselfde oorgekom.

LEES OOK: Man oorlede na hospitaal operasie uitstel weens watertekort

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.