Sukkel jy met stres en angs? Volg hierdie wenke

Maak nie saak hoe jy voel of in watter situasie jy jouself bevind nie, daar is altyd dinge om voor dankbaar te wees.

Sukkel jy met stres en angs? Volg hierdie wenke

Sukkel jy met stres en angs? Volg hierdie wenke Foto: healthaffairs.org

Stres en angs loop hand aan hand. Baie keer wanneer jy die een ervaar, sal jy ook die ander een ondervind. Geestesgesondheidsprobleme is nie iets om oor skaam te wees nie. Baie mense ondervind daagliks struikelblokke.

Wanneer jy voel dinge word vir jou te veel, moet jy dalk die volgende paar wenke probeer:

  1. Gee jou gedagtes ‘n blaaskans
    Hierdie breuk beteken nie jy moet jou selfoon neem en op sosiale media rondkyk nie. Hierdie is tyd wat jy moet neem om rustig te word en te ontspan. Gaan neem ‘n warm bad of gaan stap ‘n ent met jou hond. Hierdie breuk gee jou gedagtes kans om rustig te word.
  2. Praat met iemand
    As jy met ‘n vriend/vriendin praat oor al die dinge wat jou gemoed versteur, kan dit jou baie help. Om te weet dat jy nie alleen in hierdie stryd is nie, is genoeg om jou gemoed te kalmeer.
  3. Verstaan hoe jy voel
    Om jou stres en angs beter te hanteer, moet jy verstaan wat gebeur het om jou so te laat voel. Vra aan jouself wat het gebeur dat jy stres en angs ervaar. Alhoewel dit makliker kan lyk om gevoelens te vermy, sal om dit in die oë te kyk, jou help om dit te beveg en uiteindelik te beëindig. Om die stryd met stres en angs te wen, moet jy jouself toelaat om emosies te voel, in plaas daarvan om dit te probeer wegsteek.
  4. Dink aan die positiewe
    Maak nie saak hoe jy voel of in watter situasie jy jouself bevind nie, daar is altyd dinge om voor dankbaar te wees. Wanneer jy met iemand gesels, probeer ook die positiewe kant van die situasie raaksien.

LEES OOK: KYK: Video waarin vrou glo kind wil ontvoer, het ouers bekommerd

EES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *