“Bly kalm en hou aan,” is die algemeenste raad wat aan mense met geestesgesondheidsprobleme gegee word, maar dit doen dalk meer skade as goed.
Zachery Dereniowski, ‘n 27-jarige student aan die Universiteit van Sydney, spesialiseer in geestesgesondheid en het sy sosialemediaplatforms gebruik om bewustheid oor geestesgesondheid aan te moedig.
In ‘n onlangse video het hy verduidelik dat mense wat aan geestesongesteldhede ly, nie beter voel as jy die volgende sewe goed aan hulle sê nie:
- Alles gebeur om ‘n rede.
- Bly kalm en gaan voort.
- Kom daaroor.
- Tyd genees alle wonde.
- Dit is wat dit is.
- Wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker.
- Dit kan erger wees.
Terwyl hy erken dat hy nie al alles weet van die gebied nie, beskou hy homself as ‘n motiveringspreker. Volgens hom het 2020 hom gewys hoe “oppervlakkig” sy eie begrip van ‘motivering’ was. Dereniowski deel nou video’s tot op TikTok waar hy belangrike punte oor geestesgesondheidsprobleme deel.
LEES OOK: Video waarin ‘SPCA’ gans met voorwerp doodmaak, het mense woedend
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



