Knip asseblief jou masker se bandjies

Deel hierdie storie / Share this story

Die hele wêreld maak tans gebruik van maskers. Die weggooibare maskers beland op die ou end tussen ons wilde diere asook in die see. Daar is reeds talle gevalle van diere vasgevang in die bandjies van ‘n masker, opgemerk. Daarom word mense versoek om asseblief hulle maskers se bandjies af te knip.

Wasbare masker is beter

Volgens Getaway is die beste besluit om eerder gebruik te maak van ‘n masker wat jy kan was en oor en oor kan gebruik, in plaas van die weggooibare maskers. Nie almal maak egter gebruik van hierdie veiliger opsie nie en daarom word mense wat weggooibare maskers gebruik, gevra om net die masker se bandjies te knip voordat hulle ontslae raak daarvan.

Knip jou masker se bandjies

Baie van hierdie maskers beland tussen ons diere. Baie diere raak verstrik in die maskers se bandjies en dit lei tot lyding en uiteindelik die dier se dood. Dit kan verhoed word deur net die bandjies van jou weggooibare masker te knip.

https://www.instagram.com/p/CDZyYuZF7p0/?igshid=wf91wh71jryd
https://www.instagram.com/p/CLrcS3BA0NR/?igshid=25l26bcjgeo1

Lees ook: Menendez-broers – regverdig toegesluit of nie?