Ouers word gewaarsku nadat Blackout-uitdaging lewens eis

(Foto: CyberSafeTT)

Ouers word gevra om waaksaam oor hul kinders te wees nadat die TikTok Blackout-uitdaging ‘weer lewens geëis het. Talle TikTokkers neem aan die uitdaging deel. Dit behels dat ‘n persoon ‘n video maak terwyl hy homself wurg tot op die punt waar hy sy bewussyn verloor. Daarna word die video op TikTok geplaas.

Geen nuwe tendens nie

Volgens IOL is hierdie nie die eerste keer wat die tendens kop uitsteek nie, maar hierdie keer is dit duidelik baie gewilder as vroeër. Die neiging was in 2018 ook op You Tube bekend as die Pass Out-uitdaging.

‘n 10-jarige meisie is in Januarie in Italië oorlede nadat sy ‘n belt om haar nek gesit het in ‘n poging om die Blackout-uitdaging te doen. Sy het haar lugtoevoer afgesny en is oorlede. TikTok het na die voorval ‘n verklaring uitgestuur wat as volg lui:

TikTok-verklaring

“Ons innige simpatie is met die meisie se familie en vriende. Inhoud wat gevaarlike gedrag aanmoedig of aanhits, word nie op ons platform toegelaat nie. Ons spanne werk ywerig om inhoud wat ons beleid oortree, te identifiseer en te verwyder.”

“Alhoewel ons nie tans bewyse van inhoud op ons platform gevind het wat so ‘n voorval buite die platform sou kon aanmoedig nie, sal ons voortgaan om dit noukeurig te monitor as deel van ons voortdurende verbintenis om ons gemeenskap veilig te hou. Ons sal ook die betrokke owerhede help in hul ondersoek, soos toepaslik.”

Nuutste voorval

Die nuutste voorval is ‘n 12-jarige seun van Amerika wat sy lewe verloor het nadat hy die Blackout-uitdaging probeer het en drie weke in die hospitaal was.

Die 12-jarige Joshua het sy lewe na drie weke in die hospitaal verloor. (Foto: Global News)

Lees ook: Vrou vermoor glo haar man

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: