Aanhouding van leeus vir teel en jag in SA binnekort beëindig

Die verklaring hou goeie nuus vir leeus wat in aanhouding is vir teel en jag, in.

Die feit dat die praktyk nie bydra tot die bewaring van leeus nie, tel ook baie. Dit benadeel die land se beeld."

Die feit dat die praktyk nie bydra tot die bewaring van leeus nie, tel ook baie. Dit benadeel die land se beeld."

Die Minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, Barbara Creecy, het ‘n verklaring vrygestel van ‘n hoëvlakpaneel. wat aangestel is om ‘n beleid in verband met jag, handel, aanhouding, bestuur, en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters. op te stel. Die verklaring hou goeie nuus vir leeus wat in aanhouding is vir teel en jag, in.

Baie organisasies in Suid-Afrika is dankbaar vir die vrygestelde verklaring.. In die verklaring het die portefeuljekomitee die departement versoek om dringend ‘n beleids- en wetgewende hersiening te begin. Dit is om hierdie praktyk van leeus wat in aanhouding vir teel en jag is, te beëindig.

Die minister het die meerderheidsaanbevelings van die paneel aangeneem wat die ontwikkeling van ‘n proses om die makmaak van leeus te stop deur teling en kommersiële gebruik in gevangenskap, insluit. Dit bevat ook etiese en menslike prosedures vir genadedood. Verder maak dit voorsiening vir beleidsbesluite vir die onmiddellike staking van die verkoop van leeus en dele van leeus, jag en interaksie met toeriste.

“Die paneel beveel aan dat Suid-Afrika nie leeus teel, leeus in gevangenskap hou of leeus kommersieel gebruik nie. Ek het die departement versoek om dienooreenkomstig op te tree en toe te sien dat die nodige konsultasie in die implementering plaasvind,” het Creecy gesê. “Die voorkoming van die jag van leeus in gevangenskap is in die belang van die egte wilde jagbedryf. Dit sal die jagekonomie en ons internasionale reputasie en die werk wat dit skep, ‘n hupstoot gee.”

Organisasies veg al lank vir leeus in aanhouding vir teel en jag

Ban Animal trading South Africa het in ‘n plasing op hul Facebook-blad gesê daar is baie organisasies wat al jare lank veg om die leeus wat in aanhouding vir teel en jag is en die handel van leeus en hul liggaamsdele stop te sit. “Dit gaan nie net oor die welsyn van die diere nie. Die feit dat die praktyk nie bydra tot die bewaring van leeus nie, tel ook baie. Dit benadeel die land se beeld.”

Lees ook: Polisiebeamptes skiet glo hond toe hul familiehuis binnedring

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *