Polisiebeamptes skiet glo hond toe hul familiehuis binnedring

“Bewerings van onvanpaste gedrag deur ons lede of wreedheid teenoor mense of diere word nie ligtelik opgevat nie.”

Die polisielede het glo die hond aanhoudend met pepersproei gespuit en hom toe geskiet.

Die polisielede het glo die hond aanhoudend met pepersproei gespuit en hom toe geskiet. (Foto: IOl)

KAAPSTAD.- ‘n Gesin van hier is getraumatiseer nadat polisiebeamptes glo hulle huis binnegedring en hulle hond geskiet het.

Volgens IOL sê  Shaneley Barends, wat sewe maande swanger is, die beamptes het die huis onder ‘n soekbevel binnegedring. Hulle was op soek na onwettige handelsware. Die voorval het Vrydagaand om 19:00 plaasgevind. Barendse beweer sy was alleen tuis saam met haar neef se kinders. Die polisiebeamptes het glo die hond herhaaldelik met peperproei gespuit en hom daarna geskiet.

“Hulle was ‘n paar minute langsaan en kon nie daar ingaan nie, toe het hulle na ons toe gekom. Toe ons hulle vra waarna hulle op soek was, het hulle gesê dat ons nie met hul werk moet inmeng nie en dat hulle ‘n soekbevel het.”

‘Hulle het gesê dat hulle optree volgens inligting dat ons dinge wegsteek. Die manier waarop hulle ons behandel het, was asof ons misdadigers is. Ek het my vertroue in die polisie verloor, hulle moes ons beskerm. Ek voel dat ek hulle nie meer kan vertrou nie,” het Barends gesê.

Barends beweer verder toe die eienaar van die eiendom ‘n saak probeer oopmaak, het die polisie vir hom gesê hulle kan nie ‘n saak oopmaak teen polisiebeamptes wat net hulle werk doen nie.

Bewerings van polisiebeamptes wat hond skiet, word ondersoek

Belinda Abrahams, woordvoerder van die Kaapse Good Hope-DBV, sê die DBV-inspekteurs het die oorskot van die hond, wat deur die polisiebeamptes geskiet is, by die woning in Bonteheuwel gaan haal. Die DBV is besig om die bewerings te ondersoek.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie Vrydagaand ‘n misdaadoperasie in Bishop Lavis uitgevoer het. Hy sê die voorval hou verband met hierdie operasie. “Bewerings van onvanpaste gedrag deur ons lede of wreedheid teenoor mense of diere word nie ligtelik opgevat nie. Enige persoon met ‘n wettige klag teen die polisie word aangemoedig om die bestuur van die Bishop Lavis-polisiekantoor te nader sodat ‘n ondersoek ingestel kan word.”

Lees ook: Lesotho-man verklaar liefde aan vrou – probeer haar toe vermoor

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: