VRYSTAAT. – Die dag toe boer Richann Brüssow (30) vir dié seisoen van Boer Soek ‘n Vrou ingeskryf het, het hy nie geweet hy gaan baie meer as net ‘n “vrou” kry nie.
Ons het van episode een af gehoor Brüssow is nie net jou algemene boer nie. In sy vrye tyd maak hy graag musiek. Die boer en sy verkose vrou, René de Klerk (26), het nie gras onder hulle voete laat groei nie en sommer vinnig hulle eerste enkelsnit, Vrystaat Vlaktes, bekendgestel.
So tussendeur Brüssow en De Klerk se romantiese kyke vir mekaar vertel hulle in die laaste epsiode van die bekende program hoe hulle gesukkel het om ‘n naam vir hulle twee saam te kies. Die twee staan nou as Reën bekend.
Die enkelsnit, wat vier dae gelede op YouTube gelaai is, is al deur 90 000 mense gekyk.
LEES OOK: Kyk, Australiese vrou sê sterkte aan SA’ners na brande op Tafelberg
LEES OOK: Botox-nagmerrie – dit kos net een inspuiting in die verkeerde plek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



