Lesotho-man verklaar liefde aan vrou – probeer haar toe vermoor

Vrou word aangerand en vir dood agtergelaat toe sy ‘n man se onwelkome attensies verwerp.

JOHANNESBURG.- 'n 29-Jarige man vanaf Lesotho is gearresteer nadat hy glo 'n vrou (31) huis toe gevolg het. Hy het haar vertel van sy liefde vir haar. Toe die vrou hom verwerp, het hy haar verkrag en haar keel afgesny.

man vanaf Lesotho is gearresteer nadat hy glo 'n vrou (31) huis toe gevolg het. Hy het haar vertel van sy liefde vir haar. Toe die vrou hom verwerp het hy haar verkrag en haar keel gesny. (Foto: Pixabay)

JOHANNESBURG.- ‘n 29-Jarige man vanaf Lesotho is gearresteer nadat hy ‘n vrou (31) huis toe gevolg het. Hy het haar vertel van sy liefde vir haar. Toe die vrou hom verwerp, het hy haar verkrag en haar keel afgesny.

Volgens IOL het die vrou oorleef en haarself uit die bosse gesleep. Sy kon nie praat nie en het ‘n pen en papier gebruik om haar vermeende aanvaller te beskryf.

Mpho Majoba word van poging tot moord, verkragting en roof met ‘n ander wapen as ‘n vuurwapen aangekla. Hy het Dinsdag in die landdroshof op Ficksburg verskyn.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê die bewerings is dat die verdagte die slagoffer aangeval het terwyl sy Dinsdag omstreeks 11:00 op pad huis toe was. “Die verdagte het na bewering die slagoffer vertel hy is lief vir haar. Toe die slagoffer dit nie aanvaar nie, het hy kwaad geword en die slagoffer na ‘n nabygeleë bos gesleep, waar hy haar na bewering verkrag het, haar keel afgesny het en vir dood agtergelaat het.”

Die slagoffer is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem en die man van Lesotho is dieselfde dag nog gearresteer.

Lees ook: Vermeende reeksverkragter na 13 jaar in hegtenis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *