KYK: Betogers buite Piet Retief-hof met rubberkoeëls geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

PIET RETIEF. – Die polisie het Dinsdagoggend rubberkoeëls afgevuur op betogers wat buite die Piet Retief-landdroshof oproerig geraak het.

Daniel Cornelius Malan (38) en Cornelius Lourens Greyling (25) het Maandag hul verklarings voor die hof afgelê as deel van hul aansoek om borgtog.

Malan het onder andere vertel dat hy nie ‘n enkele skoot afgevuur het nie en dat hy onskuldig sal pleit as hy verhoor word.

Lees ook: Tafelberg-brande: ‘Dis pynlik om te sien’

Die broers Amos en Zenzele Coka is op 9 April op ‘n plaas in die Dirkieskop-omgewing doodgeskiet.

Betogers het volgens Netwerk24 oproerig geraak na hulle gehoor het dat ‘n onverwante saak van ‘n boer wat glo sy plaaswerker verkrag het, weer uitgestel is.

Kyk hier na die video: