Vrou vermoor glo haar man

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – ’n Vrou (39) sal vandag in die landdroshof op Mkhuhlu op aanklag van moord verskyn nadat sy na bewering haar man vermoor het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op 1 Mei 2021 inligting ontvang oor ’n man wat deur sy vrou gesteek is.

LEES OOK: KITOVU wil die gesig van manlike skoonheidskompetisies verander

Baie gebloei

“Daar is dadelik gereageer en by hulle aankoms het hulle die slagoffer (42) bewusteloos met wonde gevind. Hy het baie gebloei.”

Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar en die verdagte is in hegtenis geneem.

LEES OOK: Vrou al ses dae vermis na sy glo uber neem