Verbrande liggaam van meisie gevind

Die verdagte (31) sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering, moord en dwarsboming van die gereg.

Verbrande liggaam van meisie gevind

Verbrande liggaam van meisie gevind Foto: runfreedogfields.co.uk

NOORD-WES. – Die verbrande liggaam van ‘n meisie wat verlede week verdwyn het toe sy saam met twee seuntjies (10) naby ‘n dam gespeel het, is die naweek in ‘n veld gevind.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê ‘n man het die drie kinders genooi om vis by sy huis te gaan eet. “Hy het na bewering aan die seuns gesê hulle moet eers hulle skoene aantrek voordat hulle vir ete aansit.”

Man wys glo waar verbrande liggaam lê

Volgens Botma is die twee seuns terug huis toe om hulle skoene te gaan haal. Toe die seuns teruggaan na die man se huis, was daar niemand tuis nie, ook nie die meisie nie. Die saak is toe by die polisie aangemeld. “Die pa het die verdagte Vrydag na die polisiestasie geneem. Hy het glo daar erken dat hy die kind vermoor het en die plek uitgewys waar hy haar liggaam gelos het.”

Die verdagte (31) sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering, moord en dwarsboming van die gereg.

LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *