SUID-AFRIKA. – SA’ners sug van verligting nadat die departement van energie die naweek aangekondig het die brandstofprys gaan vandeesmaand daal.
Die daling volg nadat die brandstofprys in April gestyg het en motoriste diep in hulle sakke moes delf as hulle hul motors se tenks wou volmaak.
Vanaf Dinsdag om middernag sal petrol met nege sent per liter daal, terwyl diesel met 31 sent per liter sal daal. Paraffien gaan ook met 23 sent ‘n liter goedkoper wees.
Layton Beared, woordvoerder van die Automobielvereniging (AA), sê hy hoop dat die brandstofpryse vir gebruikers oor die komende maande meer verligting sal bring.
LEES OOK: Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



