Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die nuwe Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 584 064 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 1 222 persone positief getoets.
Lees ook: Iemand in jou gesin toets positief, hoe nou gemaak?
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 11 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 54 417.
Daar is ook 1 507 778 persone wat van die virus genees is.



