Is jy emosioneel uitgeput?

Deel hierdie storie / Share this story

Ons almal het partykeer ’n vakansie nodig, maar soms raak die lewe so veeleisend dat ons onsself afskeep en nie besef dat ons uitbrand nie. Hier is agt waarskuwingstekens dat jy besig is om emosioneel uit te brand.

  • Jy raak vinnig geïrriteerd.
  • Jy voel ongemotiveerd, selfs om dinge te doen wat jy normaalweg geniet.
  • Jy ervaar spanning of angsaanvalle.
  • Jy sukkel om te slaap. Óf jy neem lank om aan die slaap te raak, of jy word kort-kort wakker.
  • Jy het byna geen geduld nie en is kortaf met familie, vriende of kollegas.
  • Jy sukkel met slegte spysvertering. Dit voel asof daar skoenlappers in jou maag is of jy het konstant maagpyn.
  • Jy begin onverwags huil.
  • Jy voel afgesny van die werklikheid. Jy voel leeg en gaan net deur jou dagroetine sonder om regtig emosies te ervaar.