PRETORIA. – Die transitorooftog-man wat die naweek in ‘n video groot opslae gemaak het toe hy tydens ‘n transitorooftog koelkop gebly het, is as Leo Prinsloo geïdentifiseer.
Die video van Prinsloo wat onder die bende rowers uitjaag, is die afgelope paar dae wyd versprei. Die voorval het op 22 April op die N4 in Pretoria gebeur.
Transitorooftog-man in video was SAPD-lid
Klik hier om na die video te kyk.
Prinsloo is ‘n voormalige lid van die SAPD en is die hoofinstrukteur van Lone Operater.
Prinsloo is nie tans beskikbaar vir kommentaar nie, aangesien die saak nog ondersoek word.
“Dis ‘n state of mind. Wees gereed.” – Leo Prinsloo



