KIMBERLEY. – Die voormalige sportafrigter van ‘n bekende laerskool in Kimberley het vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Dié man (39) word van statutêre verkragting aangekla.
Lees ook: Onderwyser verloor werk by kleuterskool oor tatoes
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gesê die insidente het glo plaasgevind terwyl hy in ‘n verhouding met die meisie (13) se ma was.
Die saak is tot 10 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.



