Man met ongeveer 60 verkragtingsake verbind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ’n Man in polisie-aanhouding is deur die polisie met byna 60 sake van verkragting in die Ekurhuleni-distrik in Gauteng verbind.

’n Taakspan is in 2018 bymekaargebring om die beweging van die verdagte te volg en hom op te spoor.

Die verdagte is op 17 Maart 2021 uiteindelik in hegtenis geneem en die DNS-verslag het hom aan verkragtingsake tot en met 2012 verbind.

LEES OOK: 10 Tekens dat jy in ‘n emosionele beledigende verhouding is

Meer verdagtes kom vorendag

Sedert sy inhegtenisnemning het verskeie slagoffers met bykomende inligting na vore gekom om die polisie se ondersoeke te help.

Die moontlikheid om hierdie verdagte aan addisionele sake te koppel, kan in hierdie stadium nie uitgesluit word nie.

Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Daveyton verskyn. Dit is te wyte aan die feit dat die verdagte geskiet en beseer is toe hy op 17 Maart 2021 probeer het om inhegtenisneming te ontduik. Die verdagte is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.

LEES OOK: 27 Ontsnapte gevangenes vasgetrek