SUID-AFRIKA. – Hierdie jong albino-olifantjie staan uit onder die res van die olifante met sy pienk vel en oë.
Paws Planet berig die seldsame olifant is opgemerk en op ‘n foto in ‘n Suid-Afrikaanse wildtuin vasgelê. Die pienk kleur van die vel word veroorsaak deur die gebrek aan melatonien, insluitend natuurlike pigmente wat die kleur gee. Albinisme beïnvloed ook die oogkleur van die diere.

Albinisme bring ongelukkige verskeie uitdagings mee. Dié soort diere kan ‘n hoër risiko loop om deur roofdiere opgemerk te word. Hulle kan ook deur hul eie gemeenskap verwerp word.
LEES OOK: Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water
LEES OOK: Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, in menopouse
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



