Seun slaan ma glo met byl dood na argument oor sinkplate

Thokozile Ngcobo het op die toneel aan haar beserings beswyk.

Seun slaan glo ma met byl dood na argument

Seun slaan glo ma met byl dood na argument Foto: fox16.com

DURBAN. – ‘n Ma is dood in haar kamer gevind nadat haar seun haar glo na ‘n argument met ‘n byl aangeval het.

“Volgens ‘n voorlopige ondersoek word beweer dat die verdagte, Loyiso Ngcobo (28), die oggend van die betrokke dag die dak van die huis afgehaal het met die doel om die sinkplate te verkoop. Sy ma, Thokozile Ngcobo (62), het nie sy optrede goedgekeur nie en ‘n argument het na bewering ontstaan,” sê Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Seun slaan ma glo met byl

Die moeder is daarna na haar kamer en die beskuldigde het haar glo met ‘n byl in sy hand agtervolg. Daar word beweer hy het sy ma met die byl aangerand en van die toneel gevlug. Thokozile Ngcobo het op die toneel aan haar beserings beswyk.

Seun doen aansoek vir borg

“Die verdagte is in die Appelsbosch-omgewing, waar hy weggekruip het, opgespoor. Hy is in hegtenis geneem en van moord aangekla.”

Die moordverdagte het in die landdroshof op Maphumulo vir die moord op sy ma verskyn. Die saak is uitgestel en hy sal tot 5 Mei 2021 in aanhouding bly. Hy sal dan in die landdroshof op Nsuze vir sy borgtogaansoek verskyn.

LEES OOK: Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, in menopouse

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: