Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, in menopouse

Sy moedig vrouens in hulle laat 40’s aan om nie tyd te mors nie.

Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, na menopouse

Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, na menopouse Foto: Carters News Agency amedpost.com

COLUMBIA. – ‘n Vrou, Chantel Chavez (50), en haar man, Elenilson, het in Maart geboorte aan hulle eersteling gegee nadat hulle vir nege jaar lank gesukkel het om swanger te word.

Chantel, wat menopouse deurgemaak het toe sy hulle kind in die lewe gebring het, het na ‘n suksesvolle IVF-eierskenking swanger geraak na sy vir 20 jaar lank graag ‘n ma wou gewees het. “Daar was ‘n verlange in my hart om my eie kind in my arms vas te hou. Ek kan nog steeds nie glo dat dit uiteindelik met ons gebeur het nie,” sê Chantel.

Vrou wat geboorte gee, weet ouderdom is nie aan hulle kant

Chantel het haar man nege jaar gelede aanlyn ontmoet en hulle het geweet ouderdom is nie aan hulle kant as hulle wil swanger raak nie. Sy het eers laat in haar twintigs besluit sy wil ‘n ma wees. Eers in 2013 het sy met Elenilson getrou. Chantel sê sy is vandag spyt dat hulle eers probeer het om op ‘n “natuurlike” maniere swanger te raak en moedig vrouens in hulle laat 40’s om nie tyd te mors nie.

“Ek was 43 toe ek ‘n vrugbaarheidskonsultant gaan sien het. Daar is vir my gesê daar is geen kans dat IVF met my eie eierselle sou werk nie, maar ek wou dit nie aanvaar nie.”

Haar swangerskap was sonder probleme

Vyf jaar later, toe Chantel 48 was, het sy uiteindelik besluit om ‘n skenker se eierselle te gebruik omdat sy in dié stadium baie graag ‘n ma wou wees en nie meer omgegee het op watter manier dit vir haar moontlik gemaak word nie. As gevolg van die pandemie het die egpaar verdere vertragings ondervind.

Na ‘n swangerskap sonder enige oggendnaarheid, hoë bloeddruk of suikersiekte is Nikolas ‘n maand vroeg gebore.

“Ek het nooit opgegee op my drome nie. Ek het geweet eendag sal ek my sielsgenoot ontmoet en ‘n kind hê. Jy moet net jou hande in die lug opsteek en vertrou. Jy kan niks doen om die uitslag van jou reis te bepaal nie.”

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: