Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 578 450 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 1 250 persone positief getoets.
Lees ook: Iemand in jou gesin toets positief, hoe nou gemaak?
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 48 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 5.l4 285.
Daar is ook 1 503 611 persone wat van die virus genees is.



