Bekende juwelierswinkel in inkopiesentrum beroof, een geskiet

‘n Skietgeveg het tussen die wagte en die verdagtes uitgebreek.

Bekende juwelierswinkel in inkopiesentrum beroof, een geskiet

Bekende juwelierswinkel in inkopiesentrum beroof, een geskiet Foto: Verskaf

DURBAN. – ‘n Bekende juwelierswinkel is gistermiddag (Woensdagmiddag) in die inkopiesentrum Pavilion Mall in Westville beroof.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die winkel is na bewering deur drie gewapende mans beroof.

“‘n Werknemer van die juwelierswinkel beweer die verdagtes het hulle met ‘n vuurwapen gedreig, aangerand en die kluissleutels geëis. Daarna het die verdagtes glo ‘n verskeidenheid juweliersware geneem,” sê Mbele.

Verdagtes vlug na rootog by bekende juwelierswinkel

Die veiligheidswagte het opgemerk wat gebeur het en het die verdagtes gekonfronteer.

‘n Skietgeveg het tussen die wagte en die verdagtes uitgebreek. ‘n Lid van die publiek is tydens die voorval geskiet en die wag was ongedeerd. “Hy het ‘n skietwond aan sy regterknie opgedoen en is na ‘n hospitaal vir mediese behandeling geneem.”

Die verdagtes het glo van die toneel met ‘n onbekende hoeveelheid juweliersware gevlug.

LEES OOK: Onderwyseres se liggaam gevind nadat sy glo ontvoer is

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: