Dokter amputeer jong vrou se arm na sy jare lank smeek

“Ek kan nie gelukkiger wees nie.”

Dokter amputeer jong vrou se arm na sy jare lank smeek

Dokter amputeer jong vrou se arm na sy jare lank smeek Foto: Instagram

BRITTANJE. – ‘n Jong vrou (23) het ‘n dokter gesmeek om haar arm te amputeer nadat ‘n fratsongeluk tydens ‘n staptog met haar hond haar ses jaar ondraaglike pyn laat ervaar het.

Keira Forsythe het in 2012 met haar hond, ‘n windhond, gaan stap toe hy skielik begin hardloop het om ‘n eekhoring te jaag. Tydens die voorval was haar hand in die handvatsel van die intrekbare leiband vas. Forsythe sê vandat haar hond begin hardloop het, kon sy nie veel onthou nie.

Arm was lank gevoelloos

Toe sy wakker word, was haar arm in gips, maar toe dit verwyder word, was dit nie die einde van haar pyn nie. “Ek kon my arm gedeeltelik beweeg, maar ek het nie gevoel in my arm gehad nie.” Sy vertel verder sy het haar arm eenkeer gebrand, maar sy kon niks voel nie.

Forsythe se arm was vir 18 maande gevoelloos voordat sy stadig gevoel in haar vingers begin kry het. Dit is toe dat sy die ondraaglike pyn begin ervaar het. Die fraktuur in haar arm het tot komplekse streekspynsindroom gelei. Dit is ‘n seldsame chroniese pyn wat uiterste pyn veroorsaak.

Op die ouderdom van 17 het sy vir die eerste keer die dokter gevra om haar arm te amputeer omdat sy nie meer die pyn kon hanteer nie. Sy het later tot haar stokperdjies opgegee. Vir ‘n verdere vier jaar het sy met die pyn geloop.

Dokter amputeer arm na jare se pyn

In 2019 het sy ‘n dokter gevind wat bereid was om haar arm te amputeer. Forsythe vertel vandag, ‘n paar jaar na haar operasie, het die pyn nog nooit teruggekeer nie. “Hoewel amputasie nie vir almal is nie, kan ek nie gelukkiger wees nie.”

Sy is tans ‘n ambassadeur vir gestremdheid en motiveringspreker wat skole en skare mense toespreek. Daar is negatiwiteit rondom gestremdheid, en sommige mense het vooropgestelde idees oor jou potensiaal. Ek wil die stigma oor gestremdheid breek,” sê Forsythe.

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan eersteling week voor 50ste, in menopouse

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Bron: Metro.co.uk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: