KYK: Foto’s en video’s wys hoe Covid-19-pasiënte buite Indië-hospitale lê, sterf

Covid-19-pasiënte sterf selfs terwyl hulle wag vir hulp.

KYK: Foto’s en video’s wys Covid-19-pasiënte buite Indië-hospitale lê

KYK: Foto’s en video’s wys Covid-19-pasiënte buite Indië-hospitale lê Foto: aljazeera.com

INDIË. – Foto’s en video’s op die internet wys mense wat buite Indië se hospitale wag, omdat die suurstofvoorraad min raak en hospitale onder groot druk verkeer. Mediaberigte van hier beweer ook Covid-19-pasiënte sterf selfs terwyl hulle wag vir hulp.

Foto: ENCA-nuus

Indië het nou meer as 200 000 sterftes aangeteken – die vierde hoogste sterftesyfer ter wêreld naas die VSA, Brasilië en Mexiko – en ook sy hoogste dodetal in een dag geregistreer.

Foto’s wys ook siek mense wat in motors wag vir hulp. BBC-nuus berig Indië se hospitale gebruik 7 500 ton suurstof per dag.

Krematoriums werk nagte deur om voor te bly met die aantal lyke wat by hulle aankom. Dié besighede het altyd 10 verassings ‘n dag gedoen, maar doen nou tot 120 per dag.

LEES OOK: Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: