Menlopark: oorlewende die sleutel tot drie se dood

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die enigste oorlewende ná ‘n partytjie wat by ‘n spoghuis in Menlopark plaasgevind het, het onlangs haar bewussyn herwin.

Menlopark-sterftes skok SA

Die dood van Theo Kleynhans, Mario Pretorius en Chariska Kloppers het Suid-Afrika geskok en die raaiselagtige omstandighede daaromtrent word nog ondersoek.

Die sleutel tot antwoorde

Werner Koekemoer, deel van die privaatondersoekspan, sê die vrou is die sleutel tot antwoorde. “Sy het haar bewussyn teruggekry en is nog in die hospitaal. Ons hoop om haar gou in die hande te kry.”

Familielede van die oorledenes het Mike Bolhuis gekontak om met die ondersoek te help en vas te stel presies wat daardie nag gebeur het.

Lees ook: Mike Bolhuis praat oor drie se raaiselagtige dood

Ongewoon dat soveel dood is

In ‘n onderhoud met PretoriaFM sê Bolhuis dis ongewoon dat daar soveel mense dood is.

Die vier was glo die aand uit vir drankies en het ná die kuier na die dubbelverdiepinghuis teruggekeer om verder te kuier. Die huis was bekend as ‘n kuierplek.

“Die lyke het nie enige tekens getoon dat hulle gebloei het of opgegooi het nie. Dit het gelyk asof hulle net daar aan die slaap is.”

Huis ‘vrot’ van die dwelms

Bolhuis sê die huis was “vrot” van die dwelms, drank en pille.

“Wat ‘n mens ook moet ondersoek, is of iemand die dwelms daar aangebring het en of dit ‘n eie konkoksie was. As iemand die dwelms daar aangebring het, kon dit miskien iemand wees wat ‘n ander wou vermoor.”

Lees ook: ‘Jy val nie ver as jy klaar op jou knieë is nie’