Nege in hegtenis na protesaksie in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Nege persone (vyf mans en vier vroue) is op Maandag 26 April 2021 omstreeks 06:00 deur die polisie in hegtenis geneem weens openbare geweld in Barklystraat.

Die vyf mans is onderskeidelik 25, 34, 36, 39 en 42 jaar oud. Die vier vrouens is 25, 31, 34 en 38 jaar oud.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het aan FiNDit bevestig die nege verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

LEES OOK: 19-jarige in hegtenis na familie van vier in ongeluk sterf

LEES OOK: Tiener (19) probeer glo ouers vergiftig met gif aanlyn gekoop

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.